Suid-Afrika begin onderwysers inent

Suid-Afrika het vroeër vandag met die inenting van sy onderwysers en ander skoolpersoneel begin. Volgens die land se departement van basiese onderwys sal die gebruik van die een-dosis Johnson & Johnson-entstof help om so vinnig moontlik van die land se opvoeders volledig teen die virus in te beskerm. Inentings sou aanvanklik eers Vrydag begin. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.