Namibiese sportminister: Kontaksport nie verbode in buiteland

Die nuwe en gewysigde Covid-regulasies verbied kontaksport. Sportsoorte soos rugby, sokker, netbal en boks is voorlopig verbode. ‘n Paar kontaksportatlete het al gekla wat is die punt daarvan om kontaksport op te skort as mense buite Namibië gaan deelneem? Hierdie klagtes kom nadat Namibiese boksers aan internasionale boksgevegte deelgeneem het, en onlangs het die afrigter van die Brave Warriors, Bobby Samaria, ‘n span aangekondig vir die Cosafa-wedstryde en oefenkamp wat in Suid-Afrika gaan plaasvind. Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom atlete buite die land aan kontaksport kan deelneem.