Styging in huishoudelike geweld in Namibië

Die kanse vir vroue en hul kinders om aan geweld blootgestel te word, het dramaties verhoog. Gesinslede bestee meer tyd in noue kontak met mekaar en huishoudelike spanning neem toe met groter risiko’s wanneer gesinslede ekonomiese of werksverliese in die gesig staar. Oor die afgelope maande het ‘n styging in huishoudelike geweld plaasgevind wat ‘n groot bekommernis is. Aktivis Rosa Namises sê almal ervaar op die oomblik trauma, veral mans.