DA sê Ballito Rage sou superverspreider van Covid weesDecember 2, 2021

Die DA in KwaZulu-Natal sê ‘n moontlik rampspoedige geleentheid waar Covid-19 op groot skaal kon versprei, is afgeweer. Dit volg nadat die Ballito Rage, waar 36 mense positief vir die Covid-virus getoets het, gekanselleer is. Verlede jaar se fees het as ‘n superverspreider van die virus gedien toe meer as 800 mense positief getoets het. Imran Keeka van die DA sê die organiseerders se verantwoordelike en proaktiewe optrede om ‘n ramp te voorkom, is prysenswaardig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *