Suid-Afrikaners is wêreld se vierde angstigste verbruikers

Suid-Afrikaners is volgens Deloitte se jongste verbruikerstand-syfers die wêreld se vierde angstigste verbruikers. Die opname het in Oktober verbruikersentiment in 23 lande gemeet. Dit het bevind 86 persent van landsburgers is meer bekommerd oor inflasie op pryse van algemene verbruiksgoedere soos kruideniersware, wat byna 20 punte bo die wêreldgemiddeld is. Deloitte Africa se leier in die verbruikersbedryf, Rodger George, sê Suid-Afrikaners is egter van nature steeds optimisties oor die toekoms op die lang termyn, en verwag tekens van verbetering.