Sturgeon ontken bedanking was oor finansiële ondersoek in partysake

Skotland se uittredende eerste minister ontken haar onverwagte bedanking het enigiets te doen gehad met die voortslepende polisie-ondersoek na die finansies van die Skotse Nasionale Party. Nicola Sturgeon sê sy weet nie of die polisie haar of haar man, Peter Murrell, wil ondervra oor die besteding van 13,5 miljoen Namibiese dollar wat die party ingesamel het vir die veldtog tydens die referendum oor onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk nie. Britse media berig Murrell het die naweek bedank as die SNP se hoofbestuurder nadat hy die pos die afgelope 24-jaar beklee het.