EFF se nasionale afsluiting as mislukking beskryf

Die ANC het Suid-Afrikaners bedank wat nie aangesluit het by Maandag se beplande landwye afsluiting nie, hoewel die EFF, wat die optrede gereël het, volhou dit was ‘n reusesukses. Die regerende party sê Suid-Afrikaners moet gelukgewens word omdat hulle nie deelgeneem het aan ‘n ekstremistiese en regressiewe sogenaamde afsluiting nie. Die EFF se belofte om die land tot stilstand te dwing is skynbaar nie verwesenlik nie. Die EFF-leier, Julius Malema, sê die rede is dat honderde busse wat die party bestel het, in opdrag van die regering gekanselleer is.