Studie wys Suid-Afrikaners sal plantgebaseerde vleis proe 

‘n Onlangse studie deur navorsers van die Credence-instituut in Stellenbosch het bevind 67 persent van Suid-Afrikaners sal waarskynlik plantgebaseerde vleis op die proef stel en 59 persent sal dit waarskynlik koop. Volgens die studie, Die Suid-Afrikaanse Verbruikersaanneming van Plantgebaseerde en Gekweekte-vleis, sal 60 persent van die respondente waarskynlik laboratorium-gekweekte vleis proe en 53 persent sal dit waarskynlik koop. Die bevindings dui daarop dat plantgebaseerde en gekweekte vleis lewensvatbare markgegronde keuses kan wees om die voedsel-stelsel in Suid-Afrika te verbeter.