Nick Kyrgios sit goeie spelpeil in Kanada voort

Tennis: Nick Kyrgios sit sy goeie spelpeil van die afgelope ruk voort in Kanada. Die Australiër was die naaswenner op Wimbledon, voordat hy verlede week sy eerste ATP-toertitel in drie jaar gewen het in die Citi Ope in Washington in die VSA. Kyrgios is tans in Kanada waar hy die eerste stel verloor het voor hy terugbaklei het om die wêreld nommer een, Daniil Medvedev, in die tweede ronde van die Montreal-meesterstoernooi te klop.