Studenteregistrasie by UNAM tot 13 Augustus uitgestel

Die Universiteit van Namibië het aangekondig studenteregistrasie vir die tweede semester is tot Vrydag 13 Augustus uitgestel. Die skakelbeampte van die universiteit, John Haufiku, sê die bestuur het besluit om die tweede semester se registrasieproses, wat verlede Vrydag moes sluit, uit te stel. Haufiku sê die universiteit het ook besluit om betalingsmetodes vir studente wat die universiteit geld skuld, te verslap. Haufiku sê aan Kosmos 94.1 Nuus die universiteit sal hulle toelaat om te registreer sodra reëlings getref is.

Haufiku het ook bevestig dat klasse in die tweede semester aanlyn sal wees.