Stryders teen korrupsie moet geloof word

Vandag word Internasionale Teenkorrupsiedag herdenk. Die Verdedig ons Demokrasie-netwerk in die Wes-Kaap sê die volgehoue werk van ondersoekende joernaliste en korrupsie-vegters wat vanjaar hulle loopbane gewaag het om feite aan die lig te bring, moet geloof word. ‘n Woordvoerder, Riaan de Villiers, sê die wegkalwing van demokratiese strukture het die land se jong demokrasie skade berokken. Hy sê vandag se vergadering om hierdie stryders te vier is weens Covid-19 gekanselleer, maar die organisasie sal voortgaan om korrupsie te bestry.