Stormers maak dit ses vir ses teen die Bulle

Die Stormers het vir hulself ‘n tuis-VRK-halfeindstryd verseker toe hulle die Bulle gistermiddag in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion oortuigend geklop het. Die verdedigende kampioene het voortgebou op hulle voorsprong van 17-7 teen rustyd om met 33-21 te wen. Die Stormers het voor ‘n rekordskare van meer as 44 000 ondersteuners hulle sesde agtereenvolgende VRK-oorwinning teen die Bulle gevier. Hulle kom Saterdag in die halfeindstryd teen die Ierse span Connact te staan. In die ander kwarteindronde waarby  ‘n Suid-Afrikaanse span betrokke was, is die Haaie se deelname aan die VRK beëindig met ‘n loesing van 35-5 teen Leinster in Dublin.