SA polisieminister sê polisie moet misdadigers vasvat

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het ‘n oproep gedoen op polisielede om misdadigers vas te vat dié feestyd. Hy het die Vrystaat besoek vir die jaarlikse Veiliger-Feestyd-Inspeksie-toer. Cele se besoek maak deel uit van die ministerie se poging om hulpbronne te kanaliseer na gebiede waar dit die nodigste is. Die minister sê die polisie moet ferm optree teen misdaad dié feestyd.