Twee voorvalle van BDF-voorvalle in Zambezi aangemeld 

Namibian Lives Matter het twee onlangse voorvalle van aggressie deur weermaglede van Botswana by die Namibiese polisie in die Zambezi-streek aangemeld. Op 18 Januarie het ‘n boot met vier swaar gewapende lede van die BDF die Zambezi Queen-huisboot in Namibiese waters gevolg totdat dit die hoofkanaal van die Choberivier bereik het. Die organisasie het ‘n video van die voorval en meen dit is daarop gemik om toeriste te intimideer sodat hulle onveilig in Namibië voel. Op 24 Januarie het twee swaar gewapende Botswana weermag-soldate die Choberivier met ‘n klein aluminium-kano by ‘n ondeursigtige punt oorgesteek en met hul outomatiese gewere glo ‘n beeswagter op Namibiese bodem ondervra. Op geeneen van die voorvalle is volgens die organisasie ondersoek ingestel nie en Nampol se streeksbevelvoerder in Zambezi het glo gesê die voorval moet aan die omgewingsministerie gerapporteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksbevelvoerder kommissaris Andreas Shilelo, gepraat, wat op die bewerings reageer.