Standaarde-raad vandag in hoofstad ingehuldig

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu sal vandag die nuut-aangestelde Namibiese Standaarde-raad inhuldig. Die raad is verantwoordelik vir die bestuur, uitvoer, toesig en beheer van die sake en aktiwiteite, en die uitvoering van die funksies van die Namibiese Standaarde Instituut, insluitend die instandhouding en veilige bewaring van behoorlike rekords van rekeninge en finansiële state van die Instituut. Elijah Mukobonda, die handelsministerie se woordvoerder …