Slagoffers van Impalila-vliegramp bekend

Die slagoffers van Dinsdag se vliegramp op Impalila-eiland is geïdentifiseer. Die loods was Nicole Mienie, ‘n Suid Afrikaanse burger, Thomas Rings, 59, van Duitsland, sowel as sy familie, die 57-jarige dr. Evelyn Rings, Alicia Maria Rings, ouderdom onbekend, en Paulina Lucia Rings, 17. Volgens inspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die Namibiese polisie, is hul oorskot vervoer na die polisielykshuis op Katima Mulilo. Die vliegtuig, a Cessna 210, was Namibies met roepsyn V5-LMK. Dit het aan Scenic Air behoort. Die ongeluk het minute na die vlug opgestyg het, plaasgevind.