Stakers rig miljoene se skade aan

Die Sondagsriviervallei se sitrusprodusenteforum in die Oos-Kaap sê die gewelddadige betogings op sitrusplase in die gebied het uitgebreide skade veroorsaak aan sitruskwekers se eiendom, infrastruktuur, boorde en pakhuise. Werkers eis dat die minimum loon van 23-rand-19-sent tot 30-rand per uur verhoog word. Die forum se woordvoerder, Hennie Ehlers, sê sitrusprodusente het byna 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand weens die betogings verloor en meer as 200 miljoen rand se vrugte wat uitgevoer sou word. Ehlers sê bykomende verliese wat skade aan boere se eiendom betref, beloop 70 miljoen rand.