Stad Windhoek stel SMS-diens in

Stad Windhoek sê hy gaan voort in sy pogings om dienste aan sy inwoners te verbeter. Die jongste van hierdie pogings is dat inwoners nou voorvalle soos waterlekke, pype wat bars en oorloop, of verstopte dreine en kragonderbrekings per SMS kan aanmeld. ‘n SMS om die voorval aan te meld, kos 40 sent per SMS. Lydia Amutenya, Stad Windhoek se kommunikasie-beampte, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.