Dr. Helena Ndume en haar span doen katarak-operasies in Engela

Die bekende en internasionaal bekroonde Namibiese oogarts, dr. Helena Ndume, en haar span doen tans katarak-operasies by die Engela-staatshospitaal in die Ohangwena-streek. Sedert Saterdag is altesaam 241 pasiënte geopereer met die meerderheid van hulle wat hul sig herwin het. Dr. Ndume het verseker dat sowat 30 000 blinde Namibiërs oogchirurgie ondergaan het en gratis met intra-okulêre lens-inplantings toegerus is.