Stad Kaapstad bestee byna R10 miljoen aan nie-regeringsorganisasies

Stad Kaapstad sal in die volgende ses maande byna 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand se hulp-befondsing aan elf organisasies sonder winsbejag gee vir ‘n reeks programme en ingrypings. Die uitbetaling van die geld vorm ‘n integrale deel van die stad se pogings om mense van die straat af te help. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die fondse sal gebruik word om verblyf, ontwikkelingsprogramme, werkgereedheids-vaardighede en geestesgesondheids-ondersteuning te verskaf.