Poging om SAFA se verkiesing te verhoed, van die hand gewys

Sokker: Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam, SAFA, het die hooggeregshof in Pretoria se besluit verwelkom om die vise-president, Ria Ledwaba, se poging van die hand te wys om volgende Saterdag se verkiesingskongres te verbied. Sy het beweer daar is verskeie grondwetlike onreëlmatighede rondom die verkiesing, waarvan sommige daarop gemik was om Danny Jordaan as posisie as president te verskans. Die bestuurskomitee het Ledwaba, Jordaan en Solly Mohlabeng goedgekeur om vir die presidentskap te staan.