Springbok-afrigter vra verskoning vir swak vertoning van die Bokke

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, beskryf die vertoning van die Springbokke teen die Wallabies, wat hulle met 30-17 verloor het, as die swakste van die Bokke sedert 2018 en het gesê dat hulle ‘n massiewe verbetering nodig sal hê as hulle volgende naweek mededingend teen Nieu -Seeland wil wees. ‘Ons is werklik in elke afdeling van die spel geklop het ‘n teleurgestelde Nienaber na die toets gesê. Nienaber het Springbok -ondersteuners om verskoning gevra vir die vertoning, wat hy as die ergste beskryf het sedert die nederlaag teen Argentinië in Mendoza in 2018.