Spanning in die ANC oor Magashule

President Cyril Ramaphosa het tydens die nasionale uitvoerende komitee van die ANC se vergadering gesê Jessie Duarte, adjunk sekretaris-generaal van die party, het ‘n opdrag uitgevoer toe sy ‘n skorsingsbrief aan Ace Magashule gestuur het en dit was nie kwaadwillig nie. Die NUK vergadering word vandag voortgesit te midde van spanning oor die skorsing van Magashule.