Nog 341 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Daar is 36 leerders,13 studente, 7onderwysers,20 gesondheidswerkers, 3 gevangenes,15 werkers in die visbedryf en 3 in die mynbedryf onder die 341 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Windhoek het 100 nuwe gevalle,Luderitz 31, Eenhana 23 ,Walvisbaai en Oshakati onderskeidelik 20 elk en Rehoboth 17.Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 026 aktiewe gevalle , 47 173 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 49 893. Die sterfgevalle staan op 683.