Held van Hotel Rwanda skuldig bevind aan terreuraanvalle

Paul Rusesabagina is vandag in ‘n Rwandese hof skuldig bevind daaraan dat hy deel was van ‘n groep verantwoordelik vir terreuraanvalle. Die eenmalige hotelbestuurder word as ‘n held uitgebeeld in die rolprent, Hotel Rwanda, wat handel oor die volksmoord in 1994. Die 67-jarige Rusesabagina is verlede jaar met sy aankoms vanuit Dubai in hegtenis geneem in wat hy beskryf as ‘n ontvoering deur die Rwandese owerhede. Hy ontken alle aanklagte teen hom. Tydens die volksmoord wat 100 dae geduur het, het Hutu etniese ekstremiste meer as 800 000 mense vermoor, meestal van die Tutsi-minderheid.