Soos verwag, het mynwese die ekonomie in ’21 die meeste gehelp

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die nasionale rekeninge vir 2021 bekend gemaak. Volgens die agentskap, was die brutto binnelandse produk op 181,9  miljard Namibiese dollar aangeteken teenoor 174,2 miljard dollar in 2020. Die ekonomie het dus in 2020, vlakke wat voor Covid aangeteken is, weer bereik. In reële terme, het die binnelandse ekonomie herstel tot ‘n groei van 2,7 persent in 2021 relatief tot die inkrimping van 8 persent in 2020. Die agentskap sê dit word toegeskryf aan die verslapping van maatreëls en groei in die primêre en tersiêre sektore. Mynwese het, soos voorheen berig, baie goed bygedra aan die ekonomie. Met verdere verslapping het die gasvryheidsbedryf ‘n groei van 8,8 persent aangeteken. Sekondêre nywerhede het gedurende die jaar verder ingekrimp met 3,3 persent, steeds beter as die inkrimping van 11,7 persent wat in 2020 aangeteken is.