Werkers by Cheetah-sement staak vandag

Die Cheetah-sementfabriek naby Otjiwarongo bly in die nuus, weer vir die verkeerde redes. Werkers sal na verwagting vandag weer staak onder hulle Mynwerkersvakbond. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het reeds in April vanjaar ‘n afvaardiging gelei om kwessies op te los. Hy sê van die uitdagings duur voort.