Sokkerbase moet pak en trek – MTC

Die hoofborg van Namibiese sokker, MTC, blyk om siek en sat te wees vir die sport se bestuursliggaam in Namibië. Die maatskappy se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, Tim Ekandjo het oor die naweek gal gebraak en die sokkerbase die spreekwoordelike trekpas gegee…

Kosmos 94.1 Nuus sal binnekort met die minister van sport Agnes Tjongarero praat oor die aangeleentheid. MTC het voorheen sy borgskap van sokker in die land onttrek en dit het chaos vir die spel veroorsaak.