Sokker: Sakke vol geld vir Banyana
Sokker: Banyana Banyana se heldedade op die Wêreldbekertoernooi vir Vroue in Australië en Nieu-Seeland het nie net die nasie geïnspireer nie. Dit het ook vir elke speler ‘n meevaller van meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand uit Fifa se vertoningsfooie verseker. Suid-Afrika het tot die laaste 16 deurgedring nadat hulle in die groepfase teen Swede verloor, gelykop gespeel het teen Argentinië en Italië geklop het. Indien Banyana Sondag teen Nederland verloor, sal elke speler 1,1 miljoen rand ontvang. Indien hulle deurdring na die kwarteindronde, sal elkeen prysgeld van 1,67 miljoen rand ontvang. Die uiteindelike kampioene sal elkeen vyf miljoen rand kry.