Sokker: Manchester-spanne pak mekaar in Wembley

Sokker: Engeland se twee beroemde spanne van Manchester pak mekaar môre in die FA-beker-eindstryd op die Wembley-stadion in Londen. Dit was reeds ‘n suksesvolle seisoen vir albei. Manchester City het die Premierliga gewen en speel ook in die Kampioeneliga-eindstryd. Man United het derde geëindig in die Premierskap om terug te keer na die Kampioeneliga en het ook vroeër vanjaar die Engelse Liga-beker gewen. Kaptein Harry McGuire sê United is goed voorbereid.