Groot bekoring by NTN vanaand, môre

Die Namibiese Nasionale Simfonieorkes, in vennootskap met die bekroonde Namibiese kunstenaar Gazza tree vanaand en môre op by die Nasionale Teater van Namibië. Onder leiding van Alex Fokkens van die Alabama Simfonie Jeugorkes, en voorberei in samewerking met die Vocal Reflections-koorr, sal die produksie Windhoekers bekoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Irmgard Rannersman, voorsitter van die NNSO Namibiese Nasionale Simfonie-orkes gesels, wat deel hoe die voorbereidings verloop.