Sokker: Engelse Premierliga se reëls strenger

Sokker: Die Engelse Premierliga het sy reëls oor eienaarskap versterk om mense wat skuldig is aan die skending van menseregte te verhinder om ‘n klub te bestuur. Volgens die liga het hulle ook die mag om ʼn stokkie daarvoor te steek indien enigeen wat ondersoek word ‘n direkteur van ‘n klub wil word, asook om individue te verbied wat reeds aan sanksies van die Britse regering onderwerp is. Die liga het die lys van misdadige oortredings aangepas wat tot diskwalifikasie sal lei. Dit sluit in geweld, korrupsie, bedrog, belastingontduiking en haatmisdade.