Noorweë lê beslag op 820 kg kokaïen

Die polisie in Noorweë het vandeesweek beslag gelê op sowat 820 kilogram kokaïen. Dit is die grootste vonds van dié dwelm nog, in Noorweë. Niemand is nog in verband met die dwelms in hegtenis geneem nie. Die hoof van die polisie se intelligensiediens, Grete Lien Metlid, sê hulle probeer nog bepaal hoe die dwelms in Oslo gekom het.