So sê Kosmos-mense oor Djokovic

Kosmos 94.1 Nuus se peiling oor die penarie waarin Novak Djokovic hom bevind met sy weiering om teen Covid ingespuit te word, het gemengde reaksie uitgelok. Soos sake nou staan, sal Djokovic nie aan die Franse Ope, Wimbeldon of die Amerikaanse Ope kan deelneem sonder om die spuit te neem nie. In Engels op Twitter se 28 persent hy sal die spuit neem en 44 persent sê nee. ‘n Totaal van 28 persent sê dit traak hulle nie. In Afrikaans sê 50 persent op Twitter hy sal die spuit weier en 50 persent sê dit traak hulle nie. Op Facebook was die reaksie gemeng met sommige wat die regverdigheid van gedwonge inentings bevraagteken het terwyl ander uitgevaar het teen Australië se maatreëls. Ander het weer gesê hulle is trots op Djokovic dat hy by sy standpunt staan terwyl ander sê reëls is reëls. Een persoon het ‘n foto geplaas met die slagspreuk “Unvaccinated Lives Matter”.