Chobe-skietdood: ‘Ons sal internasionaal geregtigheid soek as dit moet’

Die uitspraak in die geregtelike ondersoek na die dood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef in November 2020, sal môre in Botswana gelewer word. Die skietdood van die vier deur lede van die Botswana-weermag het ‘n diplomatiese herrie ontketen en die kwessie wil nie weggaan nie. Inwoners en drukgroepe in die Zambezi-streek, veral naby die Chobe-rivier sê hulle lewe in vrees vir die buurland se soldate. Getuienis in die hof het die vier beskuldig van stropery maar daar is geen berigte dat enige wapens by hulle gevind na hulle dood nie. Optogte is ook gehou en die Namibiese regering is herhaaldelik daarvan beskuldig dat hy nie omgee vir sy landsburgers nie. Die stigter van die Namibian Lives Matter-beweging Sinvula Mudabeti sê dit wil voorkom asof die buurland se soldate bo die wet verhewe word…