Brent skiet deur die dak na ontploffing

Na ‘n ontploffing op die Kirkuk-Ceyhan-pyplyn in Turkye het die prys van ru-olie skerp gestyg tot net meer as 89 Amerikaanse dollar per vat vir Brent. Volgens kenners is daar vrese oor tekorte omdat die pyplyn olie vanaf Irak na die Ceyhan-hawe in Turkye vervoer vir uitvoer-doeleindes. Owerhede in Turkye sê die brand is onder beheer gebring en herstelwerk vorder. Die oorsaak van die ontploffing is onbekend. Sommige ekonome voorspel dat Brent ru-olie tot meer as 100 Amerikaanse dollar per vat vanjaar kan styg as gevolg van lae Opul-produksie na 2020 en toenemende vraag.