Namibiese bierbrouer verheug oor toekennings

Torsten Krumnow, Namibiese mikro-bierbrouer van Roof of Africa Craft Brewery van die Roof of Africa Hotel, Konferensiesentrum en Restaurant in Windhoek is baie trots op die goue medalje in die Afrika Bier-beker vir hul Roof Draught gewen, asook ‘n brons medalje vir hul Roof Pilsner. Dit is die derde keer wat Roof of Africa se mikro-bierbrouery toekennings in die kompetisie losgeslaan het. Namibia se Camelthorn Urbock van Namibia Breweries het ook ‘n brons medalje gewen. Krumnow deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.