SME’s vergader vandag oor ‘lockdown lessons learned’

Vandag bring SMEs Compete plaaslike entrepreneurs byeen vir die Lockdown Lessons Learned-geleentheid wat by die SMEs Compete-hoofkantore in Windhoek plaasvind. Die doel van hierdie geleentheid sal wees dat die entrepreneurs hul ervarings tydens en na die Covid-pandemie deel. Diegene wat nie geregistreer het nie maar graag sou wou deelneem, kan steeds die kantore van SMEs Compete skakel vir deelname. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.