Slange by die dokter… hier’s vir jou ‘n ding!

Windhoek Animal Hospital se veeartsspan help gereeld met beseerde slange. Volgens slangkenner Kosie Henn van Snakes of Namibia het die veeartse al slange se siste verwyder, vir hulle steke gegee en selfs hul wonde toe gelym. Henn bedank die span en sê alhoewel slange sekere beserings kan oorleef, moet hulle steeds nie ly nie.