Skuldinvordering vir waterrekeninge op Rundu sloer

Die skuldinvorderingsproses deur die Rundu-dorpsraad vir agterstallige waterrekeninge, vorder stadig, volgens Olavi Nathanael, die dorp se uitvoerende hoof. Die dorpsraad skuld miljoene Namibiese dollar aan NamWater nadat inwoners nie hul waterrekenine betaal nie. Dit het daartoe gelei het dat hulle vooraf vir water moet betaal. Die dorpsraad is nou op ‘n missie om onwettige watermeters op te spoor en het tien gevind. Nathanael sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is moeilik om die kultuur van wanbetaling te verander.