In Namibië is 92 tieners ingeënt, SA tieners kry al tweede dosis

In Namibië het 92 kinders tussen 12 en 17 jaar oud hul eerste dosis Phizer-entstof ontvang. In Suid-Afrika het die departement van gesondheid al ‘n tweede dosis van die Pfizer-inenting vir die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar goedgekeur. ‘n Woordvoerder, Foster Mohale, sê die departement het die elektroniese inentings-datastelsel vir die tweede dosis Pfizer-entstof vir tieners nou oopgestel.