Staatskapingskommissie sal finale verslag op 1 Januarie aan Ramaphosa oorhandig

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die Staatskapingskommissie van ondersoek sal sy finale verslag op 1 Januarie aan President Cyril Ramaphosa oorhandig. Hy sê die kabinet verwag die verslag sal oortreders van korrupsie ontmasker, maar sal ook voorstelle verskaf oor hoe om die regeringstelsels te versterk om korrupsie te voorkom.