VN-Veiligheidsraad waarsku geweld kan Darfoer verswelg

Die VN-Veiligheidsraad het sy “diepe kommer” uitgespreek oor ’n dreigende aanval op al-Fashir in Soedan se Noord-Darfoer-streek deur die Rapid Support Forces, RSF. Oorlog het ‘n jaar gelede in Soedan uitgebreek tussen die Soedanese weermag en die paramilitêre RSF, wat die wêreld se grootste ontheemdingskrisis geskep het. Al-Fashir is die laaste groot stad in die westelike Darfoer-streek wat nie onder die groep se beheer is nie. Top-VN-amptenare het die Veiligheidsraad gewaarsku dat sowat 800 000 mense in al-Fashir in “uiterste en onmiddellike gevaar” verkeer as gevolg van verergerende geweld en dreig om “bloedige interkommunale gevegte regdeur Darfoer te ontketen.”