Skokkende syfers oor moeders wat vermoor

Plaaslike media berig vanoggend dat daar tans 34 vroue agter tralies is wat of hulle eie kinders vermoor het of, formeel daarvoor aangekla is. Onlangs is ‘n ma van twee kinders 26 jaar tronkstraf opgelê vir die moord van haar vier-jarige seun en die aanranding van haar ander kind wat sy te lyf gegaan het met stokke. Die syfers sal nie die vrou van ‘n Namibiese diplomaat, Kristofina Amutenya, insluit nie. Sy het in Desember 2020 haar twee dogters, nege en drie, in die Namibiese ambassade in Addis Abeba vermoor. Intussen is daar ook 22 vroue wat sedert 2018 tronk toe is vir onwettige aborsies. Die syfer word as die oortjies van die seekoei geag omdat die polisie sê daar talle onwettige aborsies regoor die land gereeld plaasvind.