Skietstilstand het nooit gebeur nie

Die ontruiming van burgerlikes uit twee stede in die suid-ooste van Oekraïne is Saterdag gestaak, weens voortdurende aanvalle. Rusland ontken hy het die tydelike skietstilstand verbreek wat hy in Mariupol en Volnovakha afgekondig het om meer as 200 000 mense toe te laat om van die gevegte weg te kom. Rusland se ministerie van Verdediging beskuldig Oekraïense nasionaliste daarvan dat hulle burgers verhoed om die stede te verlaat. Die Internasionale Komitee van die Rooikruis, wat optree as waarborger van die skietstilstand, het bevestig die ontruiming van burgerlikes uit die twee stede het Saterdag begin nie.