Kommer oor aardsverwarming en voedselproduksie

Die toekoms van voedselproduksie wek kommer. Byna ‘n derde van die wêreld se saailande en weiding sal teen die einde van hierdie eeu ongeskik wees vir voedselproduksie as klimaatverhitting voortduur. Dit is volgens ‘n verslag deur die VN se Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering. Daar is kommer oor verwarming van 1,5 grade Celsius – op die oomblik staan die wêreld op ‘n gemiddeld van ongeveer 1,1 grade maar Namibië is reeds by 1,5 grade. Die VN sê die ramp sal die voedselstelsel teen 2050 tref met meer as 80 miljoen mense wat in gevaar gestel sal word. Dr. Chris Brown van die Kamer van die Omgewing het reeds verdoemende voorspellings gemaak vir beide mahangu-produksie sowel as beesboere.