SA-sokkerliefhebbers wil weer toegang tot stadions hê

Suid-Afrikaanse sokker-aanhangers het gister in groot getalle buite die Orlando-stadion bymekaargekom, om druk te plaas op die Premier-sokkerliga en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging om aanhangers weer in stadions toe te laat. Die Nasionale Sokkerondersteunersvereniging het die versetoptrede georganiseer. Die Suid-Afrikaanse Sokkerspelers-vakbond het die oproep vir die heropening van stadions vir die eerste keer sedert Maart 2020 toe die land ingeperk is, ondersteun. Die leierskap van die twee organisasies het ‘n memorandum aan PSL-beamptes oorhandig.