Skelm SA maatskappye sal vervolg word oor Covid-bedrog

Die Werkloosheids-versekeringsfonds van Suid-Afrika sê dit sal nou maatskappye, wat tydens die Covid-19-pandemie geld geëis het, maar dit nie aan hul werknemers betaal het nie, vervolg. Die Fonds sê dié besighede gaan nou die fokus wees van ondersoeke om bedrog op te spoor met die tydelike Covid-Ters-fondse wat tydens die pandemie ingestel is. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer.