Namibiese sensus se datum nog onbekend

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, het gesê die vertraagde sensus kniehalter die beplanningsproses en toewysing van hulpbronne. Dit kom nadat die regering nie die 606 miljoen Namibiese dollar gehad het wat nodig was om die 2021-bevolking- en behuisingsensus te finansier nie. Die sensus sou in Augustus begin, maar Alex Shimuafeni, statistikus-generaal van die Namibië Statistieke Agentskap, het vroeër vandeesmaand die uitstel van die sensus aangekondig weens mededingende prioriteite soos die huidige Covid-begroting. Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle wag ook nog vir die aankondiging wanneer die sensus gaan plaasvind.