Global Citizen is bekommerd oor voedselsekerheid in Afrika

Die organisasie Global Citizen het ‘n geleentheid gebied om ‘n wêreldwye gesprek aan te knoop oor hoe volhoubare oplossings gevind kan word vir die voedselkrisis in Afrika. Dit volg op onlangse verslae deur die Voedsel- en Landbou-organisasie en die Afrika-unie, wat bereken 346 miljoen mense op die vasteland word deur die voedselkrisis geraak. Die mede-stigter van Global Citizen, Mick Sheldrick, sê die organisasie het ten doel om jongmense in Afrika op te lei en te steun, en te belê in gesondheidsorg, voeding en landbou.